Getrouheid

May 29, 2022    Petrie Spies

Dit maak nie eintlik saak hoeveel talente, opleiding en vermoëns ons het nie, indien ons nie getrou is nie. Getrouheid is iets wat oor 'n tydperk gebou en gesaai moet word voor ons dit kan geniet. Ons God is getrou en wil hê ons moet getrou wees in verhoudings met ander mense sodat verhoudings sterker kan wees.