DIEN BY ONS KERK

Ons is so bly jy het die Ontdek Kursus voltooi! Kyk gerus na hierdie kort video asook die verskillende bedieningsareas waar jy kan betrokke raak.

Waar kan jy orals bedien?

Ons het verkeie plekke waar jy kan betrokke raak. So loer gerus na watter bedienings area vir jou uitstaan.

1. KLEINGROEPE

Een van ons drome is dat die hele gemeente in Kleingroepe ingedeel is. Ons is meer en meer oortuig dat kleiner omgewings nodig is in ons gemeente. Indien jy ‘n klein groep wil begin en wil lei, wil ons jou graag ontwikkel en help met opleiding asook materiaal om jou teen volle toe te rus. Indien jy graag so Kleingroepleier wil word kan jy gerus met ons kontak maak.

2. DIE KINDERHUIS

Ons kerk het ‘n huis met kinders wat versorg word deur Arina. Hierdie is ‘n voltydse werk van ma wees en Arina doen ‘n wonderlike werk. Indien jy wil ondersteun deur verhouding te bou met Arina of met die kids, of jy wil deel van die beplanning wees om geleenthede te skep vir die kids kan jy gerus kontak maak met ons.

3. TIC (TIENERS IN CHRISTUS) op Vrydae 17:00-20:00

Ons Tienerbediening vind plaas elke Vrydagaand gedurende die kwartaal by die kerk. Hier wil ons graag vir tieners ‘n omgewing skep wat vir hulle lekker, gemaklik en veilig is, diep en egte verhoudings gebou word en vir hulle leer oor die Here Jesus en hoe ‘n verhouding met Hom ook lyk. Indien jy graag wil deel wees van die span kan jy met ons kontak maak.

4. STUDENTE BEDIENING op Dinsdae 18:00-20:00

Ons studentebediening gebeur elke Dinsdagaand by die kerk in die Jeugsentrum. Hierdie is ‘n omgewing vir studente om ander studente te ontmoet maar ook om mekaar aan te moedig in ‘n verhouding met Jesus. Indien jy graag wil deel wees van die span kan jy met ons kontak maak.

5. GEBEDSPAN

6. KOMBUISDIENSTE OP SONDAE

Gebed is een van die areas wat vernuwing, herlewing en verandering bring. Ons het verskeie gebedsgeleenthede waar by jy kan inskakel. Indien jy graag wil saam bid en meer wil leer oor gebed wil ons jou graag aanmoedig om in te skakel by hierdie geleenthede. Indien jy graag wil deel wees van die span kan jy met ons kontak maak.

Ons gebedsgeleenthede is soos volg:
Woensdae 18:00-19:00
Saterdae 08:00-09:00
Sondag 08:00 ; 09:45; 18:00
Elke Sondag kuier ons baie lekker op die grasperk na kerk. Hierdie is ‘n omgewing vir mense om met ander gemeentelede weer op te vang, dalk te bid oor iets of dalk net om ‘n lekker koppie koffie saam met vriende te geniet, saam met daai lekker beskuit van die kerk. Indien jy by hierdie span wil betrokke raak wat elke Sondag die kombuis voorberei en na die diens mense bedien kan jy gerus met ons kontak maak.

Dien geleenthede gebeur by elke diens op Sondae:

08:30 ; 10:15 ; 18:30

7. MUSIEKSPAN

8. TOONBANKE TYDENS DIENSTE

Ons musiek span skep elke Sondag vir ons ‘n wonderlike omgewing om die Here te aanbid. Indien jy gawes en talente het om hierdie omgewing nog beter te maak kan jy gerus met ons kontak maak.
Ons het ‘n vol program deur die jaar en wil graag ‘n omgewing skep waar mense inligting elke Sondag kan kry. Indien jy so persoon is wat graag met mense wil gesels en met inligting wil help kan jy gerus met ons kontak maak.

9. DOOP BEDIENING

10. NAGMAAL SPAN

Ons vind groot vreugde in mense wat die stap van gehoorsaamheid neem om gedoop te word. Ons doopdienste is elke eerste Sondag van die maand en ook per geleenthede soos dit privaat versoek word. Indien jy graag wil deel wees van die span wat mense wil doop kan jy gerus  met ons kontak maak.
Ons het elke kwartaal geleentheid vir Nagmaal. Hierdie is vir ons spesiale dienste. Ons wil jou aanmoedig as jy ‘n “agter die skerm” tipe vrywilliger is, om deel te wees van hier die span mense wat alles voorbereid vir so nagmaal diens. Indien jy wil betrokke raak kan jy gerus met ons kontak maak.

11. VERWELKOMSPAN BY SONDAGDIENSTE

12. SONDAG OGGEND KINDERBEDIENING

Ons is baie opgewonde oor elke persoon wat Sondae kerk toe kom. Vir hierdie rede het ons ‘n span mense wat verwelkoming doen by die deure sodat elke persoon wat by ons deur instap welkom sal voel en aanvaarding sal beleef. Indien jy by die span wil inskakel kan jy gerus kontak maak.

Dien geleenthede gebeur by elke diens op Sondae:

08:30 ; 10:15 ; 18:30
Ons kinderbediening op Sondae, tydens die kwartaal, is vir ons ‘n prioriteit. Ons hart met die kinderbediening is om kinders, op hulle vlak en ouderdom te bedien met die Here Jesus, sodat hulle Hom waarlik sal leer ken as Here en Verlosser van hulle lewens. Of hulle 4jaar oud is en of hulle 18 jaar oud is, ons hart is dieselfde.

Ons het 3 verskillende areas van kinderbedieninge.

Ons het die Kleuterkerk, vir 4-6 Jariges en die Kinderkerk vir graad 1-5.
Indien jy by die bietjie ouer kinders wil betrokke raak, kan jy by ons Draaipunt bediening inskakel, wat die graad 6-7 kinders is.
Bybelskool bediening. Hierdie is die omgewing waar ons met die Hoërskool tieners deur ‘n program van fondasies werk wat hulle mooi versterk in die Here Jesus.Indien jy by enige van die kinderbedieninge wil inskakel kan jy gerus met ons kontak maak.

13. AANLYN BEDIENING

14. UITREIKE

Ons het ‘n span mense wat elke Sondag tydens die diens ondersteuning bied vir ons aanlyn gemeente. Indien jy tegnies aangelê is en graag hier wil help kan jy gerus met ons kontak maak.
Ons is sterk oortuig dat die Here ons roep om te lief te hê, te gee en te ondersteun. As jy ‘n liefde het om te dien, ander te help en vrygewig te wil wees en wil deel wees van die span mense wat die beplanning doen van die kerk se uitreik program kan jy gerus met ons kontak maak. 

Vul asb. hierdie vorm in sodat ons jou kan kontak.

Ons is so bly jy het die Ontdek kursus voltooi!