Lees verder vir meer inligting oor ons verskillende bedienings.
Kleuters en Kinders
Ons bediening vir kleuters en kinders staan afsonderlik bekend as Kleuterkerk en Kinderkerk. Die Kleuterkerk is vir kinders tussen 4 jaar oud en Graad R, terwyl die Kinderkerk vir kinders in Graad 1 - 5 is.
Vir meer inligting of om jou kind in te skryf, kontak Annette van Baalen deur op die knoppie te kliek:
Draaipunt is ons bediening vir Graad 6 en 7 leerders. Ons wil graag jong tieners op 'n relevante manier van Jesus leer en op dieselfde tyd geestelik voorberei vir die uitdagings wat hoërskool inhou. Vir meer inligting oor Draaipunt of om jou kind in te skryf, kontak vir Willie De Beer deur op die knoppie te kliek:
Tydens die oggenddienste het ons 'n Bybelskool wat vir tieners aangebied word in die Timoteussaal. Hulle werk op 'n sistematiese manier deur verskeie teologiese beginsels wat hulle help bou aan hulle geloof en wandel saam met Jesus. Die hart van hierdie bediening is om jongmense op so manier voor te berei dat hulle fondasie mooi gevestig is in Jesus. Dit is ook ‘n omgewing waarin tieners verhouding kan bou met ouer mense asook ander tieners van verskillende skole.
Elke Vrydagaand tussen 17:00 - 20:00 is daar in die Jeugsentrum ʼn byeenkoms vir hoërskool tieners waar hulle pret het, verhouding kan bou met ander tieners en leiers en waar die evangelie op ʼn praktiese en relevante manier vir hulle geleer word.
Hier volg ons ‘n sistematiese en tematiese struktuur. Dit beteken dat ons tydens ‘n kwartaal ‘n reeks sal doen wat gaan oor ‘n Bybelboek of ‘n Bybelse beginsel. Die ander reeks tydens ‘n kwartaal sal wees oor temas wat relevant is vir elke tiener. Hierdie temas is baie gekoppel aan die seisoene van tiener wees. Die redes hiervoor is om Bybelse beginsels te leer wat toegepas kan word binne die lewe van elke tiener.
Vir meer inligting kontak gerus vir Willie deur op die knoppie hieronder te druk of skakel die kerkkantoor by 051 451 1017.