ONTDEK
ONTDEK is ons proses vir mense wat lidmaatskap by ons gemeente oorweeg of wil inskakel by een van ons vennote-spanne wat op verskillende plekke in ons gemeente dien. Dit is ’n 3-weke-proses waardeur ons jou neem om te ONTDEK wie ons as gemeente is, wat ons oortuigings is, hoe ons werk, hoe jy gevorm is en hoe jy deel kan word om ’n verskil te maak.
Die drie stappe kan soos volg opgesom word:
Die drie stappe kan soos volg opgesom word:
Stap 1:
Ontdek Familie
Stap 2:
Ontdek Jou Ontwerp
Stap 3:
Ontdek Jou Rol & Funksie
Ons wil jou nie meer net as ’n gas ontvang nie, maar jou beter leer ken en vriende raak. Ons wil ook met jou deel wie ons as gemeente is en waarheen ons op pad is. Dit is hier waar jy ’n beter begrip kan kry of jy hierdie pad saam met ons wil stap en waar jy kan kies om deel te word van hierdie gemeente.
Begin ’n reis om jou doel te ONTDEK deur te verstaan hoe God jou gevorm het om ’n verskil in ander mense se lewens te maak. Ontdek jou gawes, passies, vermoëns en persoonlikheid, en selfs hoe jou ervarings ander mense kan help.
Ons bestaan nie net vir onsself nie. God het aan elkeen van ons ’n missie gegee om in sy Naam ’n verskil in hierdie wêreld te maak. Ons wil jou help om verhoudings met ander gelowiges te bou en jou funksie in die liggaam te ontdek, sodat jy kan uitgaan en ’n verskil in hierdie wêreld kan maak.
