Wat Ons Glo

God is die Skepper en Heerser van die Heelal.

Daar is net een God en Hy bestaan van alle ewigheid af in drie Persone as die Vader, Seun en Heilige Gees. Hierdie Drie is gelyk en wesensmatig een God. God is gees, almagtig, alwetend en alomteenwoordig. Hy hou die skepping in stand deur sy Woord, word nooit moeg nie en verander nooit nie. Hy openbaar Homself deur die natuur, maar veral deur sy Seun – Jesus Christus – en sy Woord – die Bybel. As gevolg van dit wat Jesus gedoen het, kan ons God ken as ons heilige en liefdevolle Vader.

Genesis 1:1, 26-27, 3:22;  Psalm 90:2;  Matteus 3:16-17, 6:9;  28:19;  1 Petrus 1:2;  2 Korintiërs 13:14;  Johannes 1:1-3;  4:24;  5:26;
1 Timoteus 1:17; Deuteronomium 6:4;  Jesaja 45:18;  46:9-10;  48:16;  Psalm 33:6, 139:7-10; Romeine 1:20;  Jakobus 1:17;  1 Johannes 3:20

Jesus Christus is die Seun van God.

Hy bestaan van alle ewigheid af saam met God en is gelyk met die Vader en die Heilige Gees. Hy is die beloofde Messias, Verlosser van die wêreld en is deur die Heilige Gees verwek in die maagd, Maria. Op die aarde was Jesus 100% mens en 100% God. Hy is die enigste mens wat 'n sondelose lewe geleef het, en Hy het Homself as 'n perfekte offer gegee vir die sonde van alle mense deur aan 'n kruis te sterf. Hy het na drie dae opgestaan uit die dood om sy krag en mag oor sonde en die dood te demonstreer. Jesus het 'n volmaakte verlossing bewerk en Hy is die enigste weg na die Vader toe. Hy het opgevaar na die hemel, sit aan die regterhand van die Vader en sal weer terugkom om as Koning van konings en Here van here te regeer. Jesus is die Hoof van die kerk.

Matteus 1:18-25;  Jesaja 7:14, 9:5;  Johannes 1:1-5, 14, 29, 14:6, 20:28; Lukas 1:27-35;  Hebreërs 4:14-15;  1 Korintiërs 15:3-4;  Romeine 1:2-4; Handelinge 1:9-11;  1 Timoteus 3:16;  6:14-15;  Titus 2:14;  Efesiërs 1:22-23; Kolossense 2:9-10;  Filippense 2:5-11

Die Heilige Gees is die beloofde Voorspraak, Trooster en Gees van Christus.

Hy is gelyk met die Vader en die Seun. Hy is 'n Persoon en is teenwoordig in die wêreld om mense bewus te maak van hulle behoefte aan Jesus Christus. Hy bewerk wedergeboorte en nuwe lewe in mense. Die Heilige Gees leef in elke gelowige vanaf die oomblik van verlossing en voorsien hulle met krag om te lewe. Hy help gelowiges om geestelike waarhede te verstaan, voorsien leiding om reg te lewe en verander hulle om meer en meer aan die beeld van Christus gelyk te word. Hy gee geestelike gawes aan elke gelowige vanaf redding. As Christen soek ons om daagliks onder sy beheer te leef.

2 Korintiërs 3:17-18;  Johannes 14:16-17, 26; 15:26; 16:7-13; Handelinge 1:8;  1 Korintiërs 2:12;  3:16; 12:11;  Galasiërs 5:25;  
2 Korintiërs 13:13; 1 Petrus 1:2;  Romeine 8:9-11, 14;  Titus 3:5;  Efesiërs 1:13

Die Bybel is die Woord van God vir ons.

Die Bybel is deur mense geskryf onder die bonatuurlike leiding van die Heilige Gees. God openbaar Homself en sy wil vir ons deur sy Woord. Dit is die hoogste bron van waarheid vir Christelike oortuigings en lewenswyse. Omdat dit deur God geïnspireer is, is dit waarheid sonder foute.

2 Timoteus 3:16;  2 Petrus 1:20-21;  Psalm 119:105, 160; Psalm 12:7;
Spreuke 30:5

Verlossing is uit genade, deur geloof in Jesus Christus alleen.

Verlossing is 'n geskenk van God, maar ons moet dit aanvaar. Jesus is die enigste weg na God. Daar is geen ander manier van verlossing nie. Ons kan nooit ons sonde uitwis deur self te verbeter of deur goeie werke nie. Verlossing is slegs moontlik deur jou vertroue (geloof) in Jesus Christus te plaas as God se offer vir vergifnis sodat jy gered kan word van sonde se straf. Die ewige lewe begin die oomblik as jy Jesus Christus in jou lewe in ontvang, deur geloof. Ten einde vir ons om God te ken, moet die Heilige Gees wedergeboorte in ons bewerk. Hy is die Een wat ons nuut maak en nuwe lewe in ons wek. Wanneer ons wegdraai van ons sonde (bekeer) in elke area van ons lewe en Jesus Christus volg, het dit tot gevolg dat ons God se verlossing kan ontvang en die Heilige Gees wedergeboorte in ons kan bewerk. Dus, deur bekering ontvang ons vergifnis van sonde en verlossing.

Romeine 5:1-11;  6:23;  10:9-13;  Efesiërs 2:8-9;  Johannes 1:12-13;  3:3-7; 14:6;  17:3;  Titus 3:5;  Galasiërs 2:16;  3:8-13, 26;  1 Johannes 1:9;  5:12; 2 Korintiërs 5:17;  Handelinge 2:21;  3:19;  4:12;  16:31;  Hebreërs 9:26; 1 Petrus 1:5

Die mens is na die beeld van God gemaak.

God het die mens ontwerp en geskep om verhouding met Hom te hê, maar die mens het verwyderd geraak van God deur ongehoorsaamheid. Alhoewel die mens baie potensiaal vir die goeie het, word ons almal in sonde gebore met 'n sondige natuur wat bly kies om teen God te sondig. Ons het nie die vermoë om deur ons eie pogings weer 'n regte verhouding met God te bou nie.

Genesis 1:27;  Psalm 8:4-7;  Jesaja 53:6;  Romeine 3:23;  
Kolossense 1:21; 2:13-15;  Jesaja 59:1-2;  Psalm 139:13-16

Mense gaan 'n ewigheid bestaan saam met, of geskei van God.

Mense is geskep om vir alle ewigheid te bestaan. Ons gaan die ewigheid in een van twee plekke spandeer: vir ewig geskei van God as gevolg van sonde, of vir ewig in verhouding met God as gevolg van vergifnis en verlossing. Wanneer jy doodgaan, sal jy die ewigheid, óf in die hemel, óf in die hel deurbring. 'n Ewige skeiding vind plaas in die hel. 'n Ewige verhouding met God vind plaas in die hemel. Die hemel en die hel is regte plekke van ewige bestaan.

Johannes 3:16;  14:2-3;  1 Johannes 2:25;  5:11-13;  Romeine 6:23; Openbaring 20:15;  Matteus 25:31-34, 41;  Handelinge 24:15;
Hebreërs 9:26-28

Die doop is simbolies van ons eenheid met Jesus Christus in sy dood en opstanding.

Die doop is ons openbare verklaring dat ons alreeds Jesus aangeneem het as ons Here en Verlosser; dat ons reeds gelowiges geword het. Die doop red jou nie, maar wys aan die wêreld dat jy reeds gered is. Alhoewel die doop nie 'n vereiste vir verlossing is nie, is dit een van die eerste stappe van gehoorsaamheid gebaseer op God se opdragte en ons volg daarin die voorbeeld van Jesus wat gedoop is sodat Hy “aan die wil van God voldoen.” Ons glo aan die doop van gelowiges, deur onderdompeling.

Matteus 3:15-17;  28:18-20;  Handelinge 2:38, 41;  8:12;  22:16;
Romeine 6:3-5;  Kolossense 2:12

Is daar nog iets waaroor jy wonder?

Ons wil graag jou vrae beantwoord.  Vul die vorm in met jou vraag/boodskap