Vriendelikheid: Liefde in Aksie
May 8, 2022 • Petrie Spies
Jesus het vir ons 'n voorbeeld gestel hoe om liefde in aksie uit te leef. Indien ons gesonde verhoudings wil kweek, moet ons nie die krag van vriendelikheid onderskat nie. Ons kan kyk hoe Jesus dit uitgeleef het en dit toepas in ons verhoudings met ander mense.
