Doop

Oor die doop

Die doop is 'n belangrike stap van gehoorsaamheid wat vir ander wys dat jy Jesus aanvaar het as Here en Verlosser van jou lewe. Jesus is gedoop toe Hy op die aarde was, en ons wil graag sy voorbeeld volg. Wanneer Christene gedoop word, word hulle onder die water gedompel wat wys na hulle eenheid met Jesus in sy dood en wanneer hulle uit die water kom, wys dit op hulle eenheid met Hom in sy opstanding (Rom. 6:4-5). Ons glo die doop is 'n openbare verklaring van 'n geestelike waarheid dat jy 'n volgeling van Jesus is.

Dit sal vir ons 'n voorreg wees om jou te doop, maak nie saak of jy al lank 'n Christen is of onlangs 'n Christen geword het nie.

Indien jy meer wil leer van die doop, werk gerus deur die onderstaande studie.

Ons doop graag mense die eerste Sondag van elke maand en indien jy graag gedoop wil word, is dit belangrik dat jy ons sal laat weet deur die onderstaande vorm in te vul.

Ek wil graag gedoop word