Ontmoet die Span

Leraars en Personeel

Petrie Spies

Senior Leraar

Dis 'n groot voorreg om aan die stuur te wees van hierdie wonderlike gemeente. Ek is getroud met Ermi en ons het drie kinders. Ek sê nie sommer nee vir 'n soetding nie en ek ontspan deur 'n goeie boek te lees of iets te doen in my tuin.

Willie de Beer

Leraar, Tieners en Studente

Ek voel ons moet soms bietjie hardloop om dinge gedoen te kry daarom dra ek baie tekkies. Ek dink die golfbaan is ‘n goeie plek om die goeie nuus van Jesus te deel en ek love dit om met jongmense die lewe te doen al begin hulle meer en meer vir my oom sê.

Riaan Bergh

Leraar

Wat 'n voorreg om deel te wees van die Baptiste span! Ek is getroud met Sonnika en ons het 2 jong manne, Ian en Ruan. My belangstellings is kosmaak, plante, reptiele, visvang en jag. Ek is geroep met die teks uit Johannes 21:16 en mag ek daagliks daardie roeping uitleef.

Jimmy Botes

Gemeente Bestuurder

Ek en Sonia is al 45 jaar getroud en ons het 3 kinders en 3 kleinkinders. Ek is al 16 jaar deel van die Baptiste span en ons probeer nog altyd om mense in nood te help. Die Here beplan vir jou voorspoed en nie teenspoed nie. HY wil vir jou ‘n toekoms gee, ‘n verwagting. (Jeremia 29:11-12). Ons help graag. 

Annette van Baalen

Kinderbediening

As mens my hart in die middel deur kon sny,
sou jy dit stampvol van die volgende dinge kry...
Gediggies geïnspireer deur die Here se Woord,
'n liefdevolle man aan wie my hart behoort.
Twee klein karnallie seuntjies om wie pinkies ek draai,
elke soort diertjie van 'n miertjie tot kraai.  
My grootste eer is om kinders te leer,
van die Genade en Oorvloed van my Lewende Heer.

Liesl Myburg

Pastorale Berader

Dit is vir my ‘n groot voorreg om namens die Here mense te kan help wat seer en stukkend is, sodat hul in Christus kan opstaan en in Sy oorwinning kan leef!!
Dan geniet ek baie die natuur, ek en my man Nico ry sommer gou vir die naweek weg om te gaan kamp! Ons seun Rico is al amper uit die huis, en Nicole is nog steeds styf, onder ons arms, deur haar doofheid en outisme het ons baie geleer van geduld, volharding, God se genade en Sy liefde!

Doret Du Toit

Assistent vir Pastorale Berader

In diens van die Here, en deel van 'n span met 'n passie vir Sy mense - wat 'n voorreg.
Ek wil graag my gawes en talente gebruik om mense met Jesus se liefde te bedien.
Kinders en ons ouer mensies lê my veral na aan die hart.
Ek is getroud met Piet, passievol oor diere, die natuur en boeke.
(Joh.1:16)
Grace upon grace

Debbie Brink

Musiekspan Leier

Daar is niks wat my soveel vreudge gee as om mense nader aan God te bring deur musiek nie. Ek glo die Here raak ons op 'n spesiale manier aan deur die gawe van musiek om Sy teenwoordigheid te ervaar en Sy hartklop vir ons te hoor.
Ek is getroud met Arend, wat my passie oor musiek deel. Ons seun, Arend jr deel verder ons passie vir musiek én koffie. Ons dogter Bianca en skoonseun Dehan, verwag hulle eersteling in September. Saam met die hondekinders kan ons ook nie wag vir die nuwe pienkvoet om sy verskyning te maak nie.
"Bless the Lord oh my soul!"

Christa Botha

Pastorale Versorging

Ek is so bevoorreg om deel van hierdie puik span te wees! Mag God my altyd vooruitgaan en ek in Sy voetspore volg om Sy mense te versorg soos Jesus dit gedoen het toe Hy op aarde was. “Righteousness will go before Him, And shall make His footsteps our pathway.” (Ps. 85:13 NKJV) Daar is niks so lekker as om te sien hoe die Here iemand aanraak en sy/haar lewe vir Sy Koningkryk omdop nie!!
Ek is getroud en kan met trots sê dat ons seun Thian ook deur Petrie se hande gegaan het, en ons kan getuig van God se guns ook oor sy lewe. Ons is mal oor kamp, lief vir die Kruger Wildtuin, voëlkyk en die see. Ons eer die Here vir geleenthede om Hom ook in die natuur te beleef en daardeur Sy terapie te ontvang!

Riaan Hugo

IT- en Tegnies

Ek is baie bevoorreg om by die kerk te kan werk.  Ek help nie mense direk nie maar gebruik wel my gawes en talente wat die Here vir my gegee het om mense deur middel van tegnologie te bedien. Ek is getroud aan my vrou, Bianca, en ons het twee pratige kinders, Brianieke en Riandré.  Ek is mal oor kamp en natuurlik langs die see te stap.

Talana von Solms

Fasiliteite en Ontvangs

Ek is hart, siel en verstand  lief vir die Here en ek leef om Hom te dien in alles wat ek doen.  Ek het die grootste deel van my grootwordjare in die groen land van Natal deurgebring  en is daarom baie lief vir die berge en natuur.  Ek kies graag koers op wandelroetes,   is passievol oor interieur ontwerp, lees  en geniet enige tyd van die dag  ‘n lekker beker koffie of romerige tee latté.

Liezel Pretorius

Assistent vir Senior Leraar

Dit is vir my die grootste voorreg om saam met mense die Here te kan dien en ander te kan bedien met die liefde van Jesus. Ek geniet God se skepping (stap in natuur) en ook mooi stories (boeke of flieks) met ‘n boodskap en mooi musiek. Ek is getroud met Jaco en ons is geseën met 3 pragtige dogters.

Magda Diederichs

Skakelbord

Ek  is ‘n ma van 3 hondekinders, maar ek sou nie omgee om op ‘n  plaas vol honde en ander diere te bly nie, of om te werk met die rehabilitiasie van diere nie. Verder hou ek van regverdigheid, om mense met respek te behandel ongeag hulle agtergrond en om die natuur wat God aan die mens gegee het, te waardeer en te respekteer.

Marthlie Swanepoel

Assistent vir Gemeente Bestuurder

Ek is getroud met Daan en ons het twee pragtige kinders. Watter voorreg om by die kerk te kan werk. Elke dag is ñ voorreg en Seën, om te kan help met ons VADER se werk. Hande en voete vir die HERE te kan wees!

Nicole Dreyer

Geestelike Werker

Daar is baie dinge in die lewe waarvoor ek lief is. Soos biltong, musiek, 'n goeie lag en definitief  'n lekker koppie koffie!
Maar bo alles is ek lief vir ons Here en mense. Dit is waar my passie lê. En in die feit dat Hy vir ons elkeen 'n plan en 'n doel het soos Hy belowe in Jeremia 29:11
Hier by die kerk leef ek myne uit!

Jaco Strydom

Sekuriteit en Algemene Instandhouding

Ek kan getuig dat God GROOT is, dat Hy regtig ons lewens in Sy hande dra en dat Hy ons plaas waar Hy ons wil gebruik. Hy het my in 'n werk geplaas waar ek vrede, liefde, vreugde en rustigheid kan ervaar en Hom daardeur die eer te kan gee. Na 15 jaar as gekwalifiseerde Grafiese Ontwerper in die "signage" bedryf, is dit vir my 'n voorreg om deel van die kerk se personeel te kan wees. Ek deel my lewe met my wonderlike vrou en ons het een dogter en een besige "draad" hondjie. 

Ben Mokheseng

Algemene Werker

Ben hou daarvan om mense se dag op te kikker met sy vriendelike glimlag en bereidwilligheid om te help waar okal hy kan.  Hy is mal oor 'n goeie grappie en het altyd tyd om te vra hoe dit gaan.  Sy grootste trots is sy twee dogters.

Abegaile Mkunyana

Algemene Werker

Abegaile, of "Abby", soos ons haar ken, se prag-stem kan gereeld in die kerk geboue gehoor word soos sy singend haar werk doen.  Sy's ouma van twee dierbare kleindogters, en een van die sagste mense wat jy ooit sal ontmoet.

Andries Tooi

Algemene Werker

Andries is al langer as 'n dekade werksaam by die kerk.  Hy het altyd tyd vir 'n geselsie, veral as dit gaan oor sokker, die vierde grootste liefde van sy lewe, na sy vrou en twee kinders.  As jy hulp nodig het met 'n taak, is Andries nooit ver nie.

Sinah Tlangeni

Algemene Werker

Sinah is altyd vriendelik en help graag waar sy kan. Sy het 2 dogters, 19 en 13 en hou daarvan om TV te kyk saam met haar kinders. Sy is mal oor sokker en watookal die kinders wil kyk. Sy is 'n groot steunpilaar in haar kerk waar sy betrokke is.