Kinderkerk Kuberkuiers

Kouland 2

Jelly Bean (suikerboontjie)

Kouland 2 - Episode 1: Jelly Bean (suikerboontjie)

'n Suikerboontjie is nie ‘n gesonde boontjie nie:
Wees versigtig om jou sonde met ‘n leuen weg te steek, op die einde sal jy net jouself in die saak verneuk. 
Jesus nooi jou uit om jou sonde by Hom te bely, om vergifnis en ware vrede in ruil daarvoor te kry. 
Gaan lees die raad wat Spreuke 28:13 gee 

Aktiwiteite vir die kinders

Kinderkerk

Kleuterkerk

Suurwurm

Kouland 2 - Episode 2: Suurwurm

Bly bly soos ‘n suurwurm:
Die suur en sleg van die lewe, laat jou glimlag sak en jou moed begin bewe.
Tussen die suur en sleg moet jy tog onthou, dat suur en swaar net aan jou buitekant klou. Oorwinnaar in Jesus kan jy sterk bly staan, in die rus en die wete dat Hy voor jou uit gaan. 
Gee jou suurste seer vir Hom, Hy wil nooi jou uit om na Hom te kom. 
Gaan lees die raad wat  Filippense 4 gee  

Aktiwiteite vir die kinders

Kinderkerk

Kleuterkerk

Malvalekkers

Kouland 2 - Episode 3: Malvalekkers

Dit is net daardie een malvalekker te veel, wat jou oorlaai en oorweldig al en geheel.
Ons lewe voel maklik te veel om te hanteer, veral as ons kies om dit self te beheer.
Jesus wil graag deel van jou doen en kies word.
Hy weet dit is Sy vrede wat in jou lewe kort.
So gee die stuur oor en raak diep bewus, van die oorvloed van vrede wat net in Hom is.
Gaan lees die raad wat  1 Johannes 5:14 gee 

Aktiwiteite vir die kinders

Kinderkerk

Kleuterkerk

Suigstokkie 

Kouland 2 - Episode 4: Suigstokkie

Suigstokkie - Stokkiesdraai:
Jesus steek Sy Hand na jou uit, maar verskonings lê weer vêr en wyd.
Ek is te besig, ek is te moeg, Ek het my deel gedoen, dit is nou genoeg.
Ek moet eers groot wees, ek sal weer luister, môre is beter, glo ek myself wyser.
Dag na dag draai ek vas my verskonings, terwyl die Here reg staan met ’n Hemelse beloning.
Hy het ‘n beter pad vir jou as Sy kind, So hou op verskonings maak en kom tot die PUNT!
Gaan lees die raad wat Jeremia 29:11-13 gee 

Aktiwiteite vir die kinders

Kinderkerk

Kleuterkerk

Jellie mannetjies

Kouland 2 - Episode 5: Jellie mannetjies

Elkeen is in ‘n spesiale geur gemaak, maar ons kan tog so maklik gewoond aan dit raak.
Ons probeer dan liewer om soos ander te wees, en spoeg en plak aan ons siel en ons gees.
Op die einde sit ons met vrae en ons wonder, wat maak my uniek en ooit nou besonder?
Die enigste “in” waarna ons moet wil strewe, is om In Jesus te vind - Die Ware Lewe.  
Die Here bly droom oor elkeen van Sy kinders, drome van oorvloed en lewe  - niks minders. Planne om ander met jou unieke smaak, deur jou manier van leef met Sy liefde te raak.
Mag niks jou ooit weer blok of jou keer, om voluit te leef in jou spesiale Jesus geur.
Gaan lees die raad wat Psalm 139 gee 

Aktiwiteite vir die kinders

Kinderkerk

Kleuterkerk

Reënboog Mat

Kouland 2 - Episode 6: Reënboog Mat

Mense is gemaak om mekaar te kan bedien, maar ons moet ons liefde deur die oë van Jesus sien.
 Mens, jy is nie ‘n vloerlap wat rondgeslinger moet word, net sodat jy die eer en prys van ander mense kort. 
Wanneer jy fokus daarop dat mense van jou moet hou, gaan jy ingee en opgee en voel jy sommer flou. 
Wanneer ons mekaar bedien, moet mense eerder Jesus liefde deur ons lewe sien.
Wees dan eerder soos ‘n reënboog welkom mat, wat deur jou manier van liefde en hulp, ander na Hom toe vat. 
Gaan lees die raad wat Johannes 13:34-35 gee. 

Aktiwiteite vir die kinders

Kinderkerk

Kleuterkerk

"Jawbreaker"

Kouland 2 - Episode 7: "Jawbreaker"

Liewe Maat, Ek weet jy is kwaad, maar kom ons volg liewer Jakobus 1:19 se raad.
Bid 3 keer - vir wysheid en die Vader se wil.
Luister 2 keer meer as wat jy wil praat en gil.
Praat 1 keer uit liefde en vergifnis
En onthou Al is ek kwaad bly ek lief vir jou 

Aktiwiteite vir die kinders

Kinderkerk

Kleuterkerk

Taai Toffie

Kouland 2 - Episode 8: Taai Toffie

Om met skuldgevoel te sukkel is ‘n ernstige saak, dit is taaier as ‘n toffie wat jou kake vas laat haak.
Skuldgevoel wat ronddwaal en groei in jou kop, beweeg later na jou hart en laat jou voel soos ‘n flop.
Wees versigtig dat die fout wat jy maak, jou later laat voel soos ‘n fout wat jy raak.  
Maak al hierdie skuld liewer ‘n Jesus saak.
Deel met Hom al jou foute, skuld en seer, Hy vergewe sondes, Hy doen dit weer en weer.
By Sy voete vind jy vergifnis en kan jy skoon begin, sodat Hy jou kan wys hoe om dinge reg te maak en oor die saak reg te besin.
Gaan lees die raad wat Johannes 3:17 gee. 

Aktiwiteite vir die kinders

Kinderkerk

Kleuterkerk

Spookasem 

Kouland 2: Episode 9 - Spookasem

Spookasem verdwyn vinnig wanneer jy dit eers eet,  net die soet geur bly agter voor jy dit nog weet.
Baie keer is dit ook so met die beloftes wat ons maak, dit verdwyn so vinnig wanneer dit ’n aksie moet raak.
Om betroubaar te wees beteken om by jou woord te kan hou, sodat ander jou altyd kan glo en vertrou, met so ‘n mens kan die Here ook Sy Koninkryk bou!
Gaan lees die raad wat Lukas 16:10 gee 

Aktiwiteite vir die kinders

Kinderkerk

Kleuterkerk

Suikerstrooitjie

Kouland 2: Episode 10 - Suikerstrooitjie 

Ons kan so maklik in ons eie pad staan, om met ons foute en ons sonde na ons Here te gaan.
Meer verstop as ‘n die suikerstrooitjie kante, neem ons ons lewe in ons eie hande.
Liewe vriend, word eers stil en raak diep bewus, van hoe lief die Here Jesus dan vir jou is.
Aan die kruis het Hy betaal vir elkeen van jou sonde, Hy bring genesing vir jou deur Sy wonde.
Geen spyker kon Jesus aan daai kruis vashou, dit was eerder Sy groot liefde vir my en vir jou!
So kom met jou foute, laat Hy dit van jou af sny, sodat jy die ewige lewe deur Hom kan kry! 

Aktiwiteite vir die kinders

Kinderkerk

Kleuterkerk

Vir vorige reekse, gaan gerus na ons YouTube Kanaal