Die Geheim van Blywende Vervulling

Aug 13, 2023    Petrie Spies

Verskeie dinge in hierdie lewe beloof om satisfaksie en geluk te bring, maar baie dinge in hierdie lewe bring nie die blywende vervulling waarna ons smag in ons lewens nie. Dit los ons “honger en dors” vir nog of meer. Jesus beloof dat as ons na die regte dinge smag, ons blywende vervulling kan beleef. Jesus verduidelik aan ons wat ons eintlik moet soek om hierdie vervulling te beleef.