Vreugdevolle Vooruitsig

Aug 20, 2023    Willie de Beer

Deel van die lewe van Seën, waaroor Jesus in Matteus 5:3-12 praat, is die opdrag om Barmhartig te wees teenoor die wêreld. Hierdie opdrag waarin Jesus vir ons sê om te gee en te vergewe, teen spyte van dit wat mense verdien, is gegrond in die waarheid dat Jesus dit vir ons gedoen het. Dit is ook slegs moontlik om barmhartigheid to betoon, indien ons deur die eerste 4 waarhede waaroor Jesus praat in Matteus 5:3-6, werk. Wanneer ons barmhartigheid betoon in die leeftyd, is die belofte van Jesus, dat ons in die toekoms, met vreugde kan uit sien na wat vir ons in die vooruitsig wag.