Die Weergeboorte gesprek
Aug 30, 2026 • Willie de Beer
Johannes 2:23-3:21 Deel 6. Hierdie gedeelte handel oor die woorde van Jesus van Wedergeboorte. Ons redding lê nie in enige iets anders as die werke van Jesus aan die kruis en die opstanding nie. In hierdie gedeelte het Jesus 'n gesprek met Nikodemus, 'n aangesiene leier in die Joodse volk, en Jesus konfronteer hom met die nuwe verbond, die verhoudings verbond, waarin ons verlossing nie lê in werke, tradisie of afkomstigheid nie maar in 'n persoon, die Here Jesus Christus. Hierdie verlossing is slegs moontlik deur die Wedergeboorte deur die Heilige Gees.
