Die man wat blind was

Nov 8, 2026  •  Willie de Beer

Die storie van Jesus en die blinde man in Johannes 9 herinner ons dat nie almal altyd bly en opgewonde gaan wees oor die verandering wat Jesus in ons lewe kan bring nie. Dit wek ook die vraag vir elke Christen: Hoekom is jy 'n Christen?" Volg jy vir Jesus oor alles wat Hy vir jou kan doen en gee of volg jy Hom omdat jy Hom as Here nodig het. Elkeen word gekonfronteer met die vraag wat Jesus die man wat blind was vra: "Glo jy in die Seun van die mens?”