Die Reiniging van die Temple
In Johannes 2:13-22 kom reinig Jesus die tempel. In hierdie gebeurtenis kom bevestig Jesus wie Hy is en wat Hy gekom het om te doen. In die gedeelte kom stel die Here Jesus ook vir ons 'n voorbeeld oor die dinge wat ons moet pla en met watter ywer ons in verhouding met God moet en kan leef. Dit is ook duidelik dat Jesus in dié teks breek met die ou verbond en manier van verhouding met God en bevestig dat in Jesus, wat ons nuwe tempel is, ons God persoonlik kan ken.
