Wil jy gesond word?

Sep 27, 2026  •  Petrie Spies

Jesus het bemoeienis met alle tipe mense in die samelewing gemaak en het aandag aan hulle behoeftes gegee. Sy doel met alles was egter dat hulle tot geloof in Hom as die Messias sou kom, meer as die genesing of wonderwerk wat Hy gedoen het. Is jou geloof in Hom en doen jy in ooreenstemming met jou geloof?