Hy moet meer word

Sep 6, 2026  •  Petrie Spies

Johannes die Doper se hele bediening van begin tot einde was oor Jesus. Hy moes meer word en Johannes moes minder word. Johannes het net sy rol gespeel in die verlossing storie van God. Elkeen van ons het 'n rol om te speel en ons gemeente het 'n rol om te speel. Soos ons vandag die kerk se verjaarsdag vier, mag Jesus meer word en ons minder.