Hoe tem ons, ons tong?

Jun 23, 2024    Willie de Beer

Jakobus is baie reguit oor die beginsels dat ons woorde, wat ons sê en hoe ons dit sê, een van die aanduidings is of ons die Here volg. Op ons eie is dit onmoontlik om ons tong te tem. In die boodskap fokus ons op die krag van die tong en op die waarheid dat wanneer ons die Heilige Gees ontvang, die Gees in staat is om ons te help sodat ons woorde meer in lyn is met die voorbeeld van Jesus.