Nie soos verwag

Aug 28, 2022    Petrie Spies

Baie keer doen God nie dinge soos ons verwag Hy dit moet doen nie. Hy is baie keer nie wie ons dink hy behoort te wees in sekere situasies nie. Baie keer wonder ons selfs waar is Hy in ons lewe en in ons uitdagings, maar soos in vandag se ontmoeting is Hy nader as wat ons dalk sien. Hy is dalk meer en anders as wat ons verwag het Hy moet wees. En Hy nooi ons uit om Hom te sien wie Hy werklik is.