Oë wat kan sien
Aug 21, 2022 • Petrie Spies
So baie keer maak die vrae wat mense het dat hulle eerder niks wil glo nie. Tog is daar 'n ontmoeting wat Jesus met 'n man gehad het wat dit duidelik maak dat ons nie alles hoef te verstaan om iets te glo nie. Ons hoef nie alles te verstaan om in Iemand te glo nie. Miskien kan ons tog 'n tree in die rigting van God gee selfs al is al ons vrae nie beantwoord nie.
