Binne- en Buitekring
Jul 24, 2022 • Petrie Spies
Daar is iets in almal van ons wat wil weet: “Wat is fout met die wêreld? Hoe maak ons dit reg?” Verskillende persone soek op verskillende plekke vir antwoorde en oplossings. In Jesus se ontmoetings met mense het Hy baie keer hierdie dieper vrae beantwoord vir mense. In sy ontmoeting met Nikodemus en die vrou by die put, beantwoord Hy hierdie selfde vraag al hoewel hulle die antwoord op verskillende plekke gesoek het.
