Petrus

Aug 7, 2022    Willie de Beer

Wanneer ons aan Petrus dink, dink ons moontlik aan die dissipel wat wonderlike oomblikke met Jesus beleef het en deur wie die Heilige Gees groot werk gedoen het! Dit is waar, maar dit is belangrik dat ons ook leer by die oomblikke waar Petrus ook foute gemaak sodat die grootheid en die genade van ons Here soveel duideliker vir ons word. Daar is wonderlike nuus vir my en jou dat die Here met ons ontmoetings wil hê. Mag ons meer ons hand na Jesus toe uit streek sodat ons soos Petrus ook die pad saam met die Here kan loop.