Pad van Reinheid
Apr 23, 2023 • Petrie Spies
Sekere paaie lei na 'n donker plek. Indien ons sekere paaie volg, lei dit baie keer na 'n plek van skaamte, skande en 'n plek waar ons vasgevang word in 'n slegte siklus. Ons sukkel om die vryheid en vrede en vreugde van Jesus se koninkryk te ondervind. Tog het God 'n ander manier en 'n pad van lig wat ons kan stap sodat ons werklik vry kan wees en daarin kan leef.
