Lojaliteit/Getrouheid
Apr 30, 2023 • Willie de Beer
Een van die beginsels wat nodig is vir deurbraak in verskillende aspekte van ons lewe, is Getrouheid. Hierdie is ‘n beginsel en karakter eienskap wat vir Jesus baie belangrik was. So belangrik dat dit deel is van die vrug van die Gees. Die deug, getrouheid, het die gewig om verandering in ons lewens te veroorsaak, maar dan moet ons lojaal wees, getrou bly, standvastig staan in volharding sodat ons die vrug van dit kan sien. In die boodskap kyk ons na die redes hoekom ons soms opgee en nie getrou bly nie asook die areas waarin God van ons verwag om getrou te bly.
