Respekteer Mekaar

Mar 14, 2021    Willie de Beer

God ag ons na waarde en Jesus het ons behoefte aan verlossing bo dit wat Hom toekom geplaas sodat ons 'n verhouding met Hom kan hê selfs nog voordat ons enige iets gedoen het wat respek verdien. Hy hanteer ons soos 'n eregas en daarom kan ons ook ander mense respekteer - selfs al het hulle niks gedoen om dit te verdien nie.