Die Liefde verheug oor die Waarheid

Oct 27, 2024    Willie de Beer

Paulus skryf in 1 Korintiërs 13:6 dat liefde hom verheug oor die Waarheid. Hy waarsku ook die Christene in Korinte dat hulle nie hulle moet verbly oor die onreg nie. Wanneer ons in die liefde wil leef en bly is dit belangrik dat ons konstant ons harte evalueer oor hoe ons dink en voel oor ongeregtigheid. Dit fokus spesifiek op die ongeregtigheid teenoor ander mense as ook ons eie sonde. Dis nie waarin ons moet leef nie. Ons is geroep en gered om in die Waarheid te leef en daarin ons vreugde te vind. Wanneer ons dit doen is daar ook mooi beloftes van God van toepassing op almal wat dit doen.