Aktief en betrokke
Jun 25, 2023 • Willie de Beer
God, ons Vader, was nog altyd aktief en betrokke in ons lewens. Nog voor dat ons ‘n idee was het Hy al geweet wie ons sal wees. Hy het ook toe al geweet hoe ons Hom sou nodig hê en daarom het God reeds van die begin van hierdie wêreld baie planne in plek gehad om intensioneel aktief betrokke te wees. Hy is vandag nog besig om betrokke te wees en ons te help tot dat ons in die ewigheid kom.
