Konflik van Agendas

Jul 9, 2023    Petrie Spies

Om God as Vader te hê lei tot baie voordele in ons lewe. Daar is soveel wat Hy vir ons wil doen en vir ons wil wees, maar wat doen jy in die oomblik as jou agenda en God se agenda nie in lyn is nie? Wat doen jy as jou wil en God se wil nie dieselfde is nie? Wat jy doen in daardie oomblik kan baie van jou en jou verhouding met die Vader blootstel.