Goeie intensies VS Lewende Geloof
Jul 16, 2023 • Willie de Beer
Dit is die middel van die jaar en so is dit goed dat ons baie dinge weer evalueer. Hierdie beginsel van evaluering is nie vir ons vreemd nie. Ons pas dit toe in baie areas van ons lewens soos werk, finansies, gesondheid en ontwikkeling, maar baie min gebeur dit dat ons evalueer of ons nog in die geloof lewe. Vandag kyk ons na Paulus se woorde in 2 Korintiërs 13:5 en evalueer hoe ons lewe moet lyk wanneer ons geloof lewend is.
