Prioriteite

Oct 10, 2021    Willie de Beer

Die wêreld van vandag leer ons dat Doelwitte, Vriende en Familie, Gesondheid, Geld en Ervarings ons prioriteite moet wees. Die stelling vir vandag se boodskap is: “ Ons prioriteite bepaal ons Kapasiteit!” Paulus maak dit baie duidelik dat wanneer ons ‘n volgeling van Jesus word, ons nie meer gelyk moet wees aan die wêreld nie, maar eerder God vertrou dat Hy my lewe sal verander deur my denke te vernuwe (Romeine 12:1-2). Vir die rede is dit belangrik dat ons dan elke dag moet evalueer of my prioriteite in lyn is met wat vir Jesus belangrik is. Die hoofteks van uit die preek wat Jesus in die berg predikasie gedoen het is Matteus 6:33.