Genade of Waarheid?

Oct 17, 2021    Petrie Spies

Ons leef in 'n samelewing waar mense uit verskillende pole met mekaar argumenteer en sukkel om mekaar te aanvaar. Jesus het gesê dat uit ons liefde vir mekaar sal mense weet dat ons sy volgelinge is, maar die manier hoe Jesus liefgehad het, skep soms 'n spanning wat ons moet probeer hou in die manier hoe ons ander mense liefhet. 'n Spanning tussen genade en waarheid.