Een of Alles

Oct 31, 2021    Petrie Spies

Ons lewens draai baie keer om verskillende doelwitte en drome. In ons toewyding aan Jesus sal ons selfs probeer seker maak dat ons prioriteite reg is ten einde hierdie drome en doelwitte te bereik. Maar wat as Jesus nie net jou prioriteite wou verander nie? Wat as Hy die pad en die einddoel sou wou verander? Sou jy dit kon opgee? Sou jy Hom in dit kon volg?