Genoeg en Tevrede

Nov 12, 2023    Petrie Spies

Almal van ons beleef oomblikke in ons lewe wat ons ontevrede is met wat ons tans het of waar ons tans is. Hierdie ontevredenheid word gevoed deur verskillende dinge in ons lewe. As dit kom by ons besittings en geld, wil God dit duidelik maak ons 'n vinger op die pols moet hou van dit wat ons dryf om meer te bestee.