Merkers

Aug 10, 2021    Petrie Spies

Ons almal het 'n sekere identiteit wat ons uitleef. Wat binne ons is, kom na buite in die manier hoe ons leef. Ons meet baie keer wie ons is aan uiterlike tekens of merkers om te bepaal of ons nog op koers is. Die gevaar is dat ons as Christene na die verkeerde merkers kyk om te bepaal of ons identiteit werking in Jesus is.