Petrus Se Opdrag
Aug 22, 2021 • Willie de Beer
In die boek 1 Petrus beleef ons die bemoediging van Petrus aan die gelowiges in Klein Asië, wat deur baie verdrukking en vervolging die evangelie van die Here Jesus verkondig het. Maar sy woorde aan die Christene was nie net ‘n woord van aansporing nie, maar ook ‘n woord van waarskuwing dat wanneer die tyd van beproewing, verdrukking en vervolging voortduur, dit hulle nie moet weerhou om ‘n voorbeeld te bly wees van die lewende Hoop wat binne hulle leef nie.
