Beginsels van vrede
Aug 18, 2024 • Petrie Spies
Jesus is nie net Verlosser nie, maar ook Vredevors. Hy is die Koning en die Een in beheer. Wanneer ons toelaat dat Hy in beheer is en ons sy beginsels vir finansies volg, sal ons ook sy vrede in hierdie area van ons lewe beleef wat so baie keer knel gedagtes en stres in ons lewe veroorsaak.
