Deelgenote en Medewerkers
Mar 20, 2022 • Petrie Spies
Ons almal beweeg in verskillende kringe met verskillende mense. As volgelinge van Jesus is ons geroep om invloed uit te oefen in elkeen van hierdie kringe. Ons het 'n groter doel en missie op die aarde. Soms het ons nodig om ons rye en kringe te verlaat sodat ons mense kan liefhê wat in ander kringe beweeg.
