Ons het mekaar nodig

Feb 27, 2022    Petrie Spies

Rye en Groepe in die kerk het albei 'n funksie en die een is nie belangriker as die ander nie. As ons die volheid wil beleef van wat God vir ons en sy kerk beplan, is dit nodig dat ons sien hoe ons mekaar nodig het. God het 'n geestelike familie geskep omdat ons sekere dinge in ons lewe beleef – sommige dinge wat ons nie eers sien of weet nie. God gebruik rye en groepe om mense te vorm want ons het mekaar nodig.