Herstel van Eerste

Jan 29, 2023    Petrie Spies

Dit is een ding om praktyke in te stel om God eerste te stel en areas in jou lewe te evalueer of God wel eerste is, maar wat maak jy as jy besef dat God nie eerste in jou lewe is nie? Hoe gaan jy te werk? Hoe benader jy God? God het 'n duidelike raamwerk vir sy mense gegee hoe hulle Hom kan herstel as die Eerste in hulle lewens. Saam met dit beloof God dat Hy gevind kan word.