Die beginsel van eerste

Jan 15, 2023    Petrie Spies

Wat ons wil bereik word beïnvloed deur die klein dingetjies wat ons gereeld doen. Doelwitte word nie bereik deur hoop nie, maar deur die gewoontes wat ons konstant beoefen. Indien ons meer van God in hierdie jaar wil sien het ons nodig om ons prioriteite te evalueer en te fokus op die beginsels wat ons toepas. Vandag kyk ons hoe die beginsel van EERSTE ons kan help om geestelik te groei.