Die Invloed van Keuses

Jan 22, 2023    Petrie Spies

Hoe ons reageer in moeilike tye en toetstye word beïnvloed deur hoe ons geoefen het op ander tye. Ons keuses het 'n invloed in hoe ons God eerste gaan stel in ons lewens. Indien ons nie wyse keuses maak in verskillende areas van ons lewens nie, sal ons nie 'n lewe leef waar ons God eerste stel nie.