Wees Onderdanig

Feb 18, 2024    Willie de Beer

Wanneer ons dink aan die huwelik en die opdragte vir die huwelik, val ons baie keer weg met wat ons vir mekaar moet en wil doen. Dit is nodig en goed, maar as ons nie begin by die Here en ons reg posisioneer met die Here binne die huwelik nie, gaan ons dit moeilik vind om wel die opdragte van man en vrou binne in die huwelik te doen. Paulus begin sy woord vir man en vrou in die huwelik met ons gesindheid van onderdanigheid aan die Here as die eerste opdrag vir die Huwelik. Vir hierdie rede is dit nodig dat ons begin by Onderdanig wees aan God en onderdanig wees aan mekaar soos Paulus in Efesiërs 5:21 skryf.