Verhoudings en Leuens
Feb 25, 2024 • Petrie Spies
Hoe ons dink oor die huwelik beïnvloed hoe ons verhoudings sal benader. Indien ons verkeerde dinge of leuens oor die huwelik glo, gaan ons dinge doen wat nie help bou aan ons huwelik nie. Jesus is die waarheid en sy manier lei na 'n ander uitkoms. Hy wil ons help omdat die waarheid ons sal vrymaak.