Jesus is die Lam van God
Apr 18, 2025 • Willie de Beer
“Daar is die Lam van God, wat die sondes van die wêreld wegneem.” Johannes se woorde bring vir ons, selfs 2000 jaar na die kruis van Jesus, terug na die waarheid dat die betaling vir ons sondes slegs kon gebeur deur die bloedvergieting van Jesus Christus. Vandag vier ons die versoenings met Jesus, waarvoor Jesus vir my en jou gesterf het en ons kyk ook hoe hierdie waarheid ons instaat stel om met vrymoedigheid na God toe te nader.