Jesus Leef!
Mar 31, 2024 • Willie de Beer
Die graf is leeg! Jesus het opgestaan! By die leë graf het die engel van die Here vir die vroue, 4 woorde gesê wat vandag nog vir ons herinner aan die verhouding wat ons God met ons wil hê. Kom nader en Kom kyk. Gaan dan en vertel! Ons God wil ons persoonlik ken, en Hy nooi ons uit om alles wat in verhouding met Hom te vinde is, te vind, maar Hy stuur ons ook uit om dit wat ons van Hom leer ken, met die wêreld te gaan deel! Dis wanneer ons gehoorsaam is aan hierdie woorde wat ons die lewe in die opstanding van Jesus kan beleef!