Sout en Lig

May 21, 2023    Petrie Spies

Ons lewe kan 'n verskil maak en iets in ons wil hê ons lewe moet 'n verskil maak. Baie keer is die rede vir ons frustrasie met die lewe, die feit dat ons nie die doel uitleef waarvoor God ons gemaak en geroep het nie. Jesus het ons geroep om sout en lig te wees in hierdie wêreld ten einde die missie uit te leef wat Hy vir ons gegee het.