Wag Omstandighede

Jul 11, 2021    Petrie Spies

Het jy al ooit gevra: “Hoekom doen die Here nie iets daaraan nie”? Soms is dit dinge wat ver is, maar wanneer dit naby kom raak die vraag meer intens. Soms voel dit vir ons dat die Here nie haastig genoeg is om ons omstandighede te verander nie, maar wat kan gebeur as ons aanhou glo wanneer dit lyk asof daar geen hoop meer is nie? Wat kan gebeur as ons sê: “nogtans sal ek op die Here vertrou”?