Kleingroepe

Kleingroep-notas:

Ons Kleingroep-Notas sal weer die week van die 19de Januarie hervat!

#>ONDER_KONSTRUKSIE

Ons wil graag elke belanghebbende inlig dat ons Kleingroep Webwerf tans onder konstruksie is.  Die ontwikkeling van nuwe sisteme & prosesse beoog om dit vir almal makliker te maak om deel te word van ons kleingroepe.  Iets waarna ons almal uitsien.
Alle skakels behalwe HUIDIGE KLEINGROEP LYS is steeds aktief maar ons werk vasberade aan 'n nuwe ervaring met groot verwagting. Dankie vir julle geduld.

Wat is 'n Kleingroep?

Kleingroepe het een doel voor oë: om mense bymekaar te bring ten einde sinvolle verhoudings met ander te bou. God het ons ontwerp met ‘n behoefte om saam met ander mense deur die lewe te gaan. Dit is vanuit hierdie verhoudings dat ons kan groei en meer die lewe kan ervaar wat God vir ons bestem het. Dit is egter nie maklik om sinvolle verhoudings te vind en te ontwikkel nie. Daarom bestaan Kleingroepe – om hierdie belangrike verhoudings toeganklik en sinvol te maak.
 

Om ‘n Kleingroep te Lei

Om ‘n KIeingroep te lei, is eenvoudig om ‘n plek te skep waar mense betekenis- en sinvolle verhoudings kan bou. Om ‘n groep te lei is nie gekompliseerd nie, en jy hoef ook nie perfek te wees nie. Kies ‘n onderwerp, ‘n gereelde tyd, en plek waar jy dit met ander kan deel. Ons sal jou help om jou Kleingroep suksesvol te maak deur hulpbronne en opleiding te voorsien, asook ‘n adresboek waar ander jou groep maklik kan ontdek. Mense se lewens word tree vir tree verander in hulle reis saam met Jesus, en saam met ander mense wat ook op reis is. As Kleingroep Leier kan jy ‘n belangrike rol in hierdie reis speel.

Leier Ontwikkeling

Hier is ‘n paar  hulpbronne om jou as leier te help om een tree vorentoe te gee in jou leierskap, en jou Kleingroep ‘n groot sukses te maak.