Elia
Feb 13, 2022 • Petrie Spies
Elia was 'n man wat binne die wil van God geleef het, maar het tye van neerslagtigheid beleef. Verskeie faktore het bygedra tot sy neerslagtigheid en God het hom ontmoet in sy diepste gat. God het sekere dinge vir hom kom doen om hom te help. Dieselfde beginsels geld nog vandag en kan ons help wanneer ons laagtepunte en neerslagtigheid of depressie beleef.
