Geheilig
Sep 19, 2021 • Petrie Spies
Hoe God ons sien en hoe ons onsself sien verskil baie keer van mekaar. Hoe God ons sien is gebaseer op wat Jesus vir ons gedoen het, en hoe ons onsself sien is baie keer gebaseer of wat ons doen. Die rede hoekom ons soms sukkel om vorentoe te gaan in ons geloofslewe is juis omdat ons nie besef wie ons is en wat ons kan doen nie. Die Heilige Gees wil ons kom help om hierdie nuwe, heilige lewe ten volle te leef.
