Verlore Potensiaal

Nov 14, 2021

Almal van ons het sekere dinge waaroor ons droom en dinge wat ons najaag in hierdie lewe. Baie keer gebruik God hierdie dinge wat so gewoon lyk in ons lewe om 'n geleentheid te skep waar ons kan kies om deel te wees van sy groter storie en wat Hy wil doen in mense se lewens. Ons kan egter die geleentheid mis om deel te wees van iets groters deurdat ons nie gehoorsaam is aan wat Hy vra.